Almarie de Jager
Dis maklik om te maak en smaak sommer vorentoe!
250 ml noedels, gekook volgens aanwysings op pakkie. Sous 2 uie, in ringe gesny kookolie 7,5 ml kerriepoeier 1,5 ml borrie 30 ml blatjang 15 ml appelkooskonfyt 15 ml tamatiesous 80 ml wit asyn knippie
sout 30 ml sultanas 1 blik (440 g) pynappelstukke,... gedreineer (hou sap) 3 — 4 piesangs, in skywe gesny
sout 30 ml sultanas 1 blik (440 g) pynappelstukke,... gedreineer (hou sap) 3 — 4 piesangs, in skywe gesny
Soteer die uie in 'n bietjie kookolie tot sag. Voeg kerrie en borrie by en roerbraai nog 'n minuut. Verlaag hitte en voeg res van die bestanddele, behalwe die pynappelstukke en piesangs, by. Prut 'n paar minute. Laat afkoel en meng met die noedels. Voeg die pynappel en piesangs by en roer liggies deur. Genoeg vir 4 mense.