Monday, 27 February 2012

Beesribrol gestop met dadels


2 kg prima beesrib, ontbeen en met die vet nog aan

Vir die vulsel

•1 koppie dadels, ontpit en grofgekap
•1 teelepel fyn kaneel
•1 teelepel fyn koljander

•2 teelepels growwe swartpeper
•2 eetlepels worcestersous
•4 knoffelhuisies, fyngedruk
•1 eetlepel sout
Verhit die oond tot 150 °C. Meng al die bestanddele vir die vulsel tot ’n stywe pasta en smeer aan die een kant van die beesvleis. Rol die vleis styf op en bind elke 2 cm met kombuistou vas. Draai in foelie toe en bak minstens vier uur in die oond. Toets met ’n metaalpen of die vleis regdeur sag is. Jy sal dit dalk langer moet gaarmaak, want die vleis moenie meer pienk wees nie. Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Verwyder die foelie en verbruin die vleis 15 minute lank. Haal uit die oond, hou die vleis warm en laat minstens 10 minute staan. Verwyder die tou, sny die vleis (nie te dun nie) en giet die pansappe oor.

Wenk: Stroop roosmarynblare in die rigting waarin hulle groei van die takkies om te verhoed dat stukkies hout saamkom