Erna Conradie
500ml kookwater
250 ml suiker
30g botter
125 ml mielieblom
60ml kako
200ml koue water
1½ pakkie tennisbeskuitjies
100 g pepermintsjokolade( grof gekap)
250ml room( geklits)
500ml kookwater
250 ml suiker
30g botter
125 ml mielieblom
60ml kako
200ml koue water
1½ pakkie tennisbeskuitjies
100 g pepermintsjokolade( grof gekap)
250ml room( geklits)
Smeer 'n reghoekige tertbak. Meng kookwater, suiker en botter saam in 'n kastrol oor matige hitte.Bring tot kookpunt.Meng mielieblom en kakao met koue water en roer om 'n gladde mengsel te vorm. Giet kakaomengsel by suikermengsel terwyl heeltyd met 'ndraadklitser geklits word. Roer totdat mengsel verdik; verwyder van hitte. Roer vanieljegeursel by en laat effens afkoel. Pak 'n laag beskuitjies in die tertbak en gooi die helfte van kakaomengsel bo-oor.Smeer eweredig en sprinkel die helfte van gekapte sjokolade oor. Pak nog 'n laag beskuitjies en gooi res van mengsel bo-oor. Laat afkoel. Plaas in yskas om te laat stol.
Sny in skywe en skep room (of dik koue vla) oor.
Spring orige sjokolade bo-oor.
Geniet dit!