Friday, 10 February 2012

Hamburgers

















Genoeg vir: 8 hamburgers
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
• 500 g maer maalvleis
• 1 ui, fyngekap
• botter of olie vir braai
• 1 sny witbrood
• 125 ml biefaftreksel
• 30 ml tamatiesous
• 15 ml worcestersous
• 45 ml gekapte pietersielie
• 1 eier
• sout en varsgemaalde swartpeper
1 Plaas die maalvleis in 'n mengbak. Soteer die ui in 'n bietjie verhitte botter of olie tot sag en glansend. Laat staan dit eenkant tot afgekoel.
2 Week die brood in die aftreksel. Voeg dit saam met die ui en die res van bestanddele by die maalvleis in die mengbak. Meng dit deeglik deur met jou hande. Die mengsel moet klam wees, anders is die hamburgers droog. Vorm die maalvleismengsel in hamburgerkoekies en braai dit in verhitte olie in 'n braaipan oor matige hitte tot goudbruin en gaar. Die koekies moet nie oor hoë hitte gebraai word nie, want hulle sal brand voordat hulle gaar is. Moenie die vleiskoekies omdraai voordat hulle halfpad gaar is nie, anders gaan hulle breek. Sit dit voor saam met blaarslaai, tamatie en uie in 'n sagte broodrolletjie.