Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 30 minute
• 375 ml melk
• 400 g bevrore skelvis
• 250 g macaroni, gaar en gedreineer
• 500 g bevrore spinasie, ontdooi, goed gedreineer
• 50 g botter
• 45 ml meel
• 125 ml beleë cheddar, gerasper
• sout, varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat
1 Posjeer die skelvis in die melk tot gaar. Dreineer die vis, maar behou die melk vir die sous.
2 Vlok die skelvis en roer dit saam met die spinasie by die pasta.
3 Smelt die botter in 'n kastrol en roer die meel by. Voeg die melk by en laat dit kook terwyl jy heeltyd roer. Haal die kastrol van die plaat af en roer die helfte van die kaas by. Geur dit na smaak met sout, swartpeper en neutmuskaat. Gooi die sous by die pasta en roer deur. Skep die mengsel in 'n gesmeerde oondbak en strooi die oorblywende kaas oor. Bak dit vir 30 minute en sit voor met 'n slaai.