Friday 17 February 2012

glasfles met spesiale bakbenodigdhede























Hierdie is vir my 'n baie oulike idee vir 'n kombuistee of vir 'n vriendin se verjaardag:

As jou vriendin graag bak, is dié glasfles met spesiale bakbenodigdhede die perfekte geskenk.

Jy benodig
- groot glasfles
- kolwyntjiedoppies
- silwerballetjies
- koekversiersels
- vlekvryestaal koekievormpies
- koskleursel en -geursel in botteltjies
- lint

So maak jy
Vul die fles met die bakgereedskap en -bestanddele (probeer bykomstighede in die kleure die ontvanger se kombuis kies). Bind ’n bypassende lint om die fles.

Wenk: Sit 'n resep saam met die produkte in die fles.