Friday 17 February 2012

Hoenderpan



2 kg Hoender
4 Groot uie in ringe gesny
2 Vars rooi rissies
1 pak Sampioene
200 ml Vars room
100 ml Brandewyn
Olyfolie
Knoffel

Verbruin 2 van die uie in 'n bietjie olie in die pan. Maak seker dat dit goed oor die pan geroer word om die hele pan te smeer. Smeer die hoender liggies met olie en gooi baie liggies speserye. Plaas nou die hoender in die pan en laat stadig prut tot amper gaar. Gooi die rissies en knoffel en die reeds gaar uie by die vleis (daar gaan nie veel van die uie oorbly nie) Laat prut vir 10 min. Gooi die brandewyn by en steek aan met vlam. Wag tot die alkohol uitgebrand is en bring die hitte af. Gooi die rou uie en sampioene en room in. Braai tot die room weer begin skei. Skep op rys en eet (Resep wat lekker op ‘n gasbraai ook gemaak kan word wanneer daar gekamp word)