Friday, 10 February 2012

Garnaal-en-feta-omelet




















Die geheim van die omelet is: gooi kookwater by terwyl jy die eiers klits

Jy benodig (vir 3-4 mense)
• 250g gaar garnale
• 2 teelepels botter
• 6 eiers
• ¼koppie kookwater
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 wiel fetakaas, gekrummel

So maak jy
1 Smelt 1 teelepel botter in ’n pan en braai die garnale vir ’n paar minute totdat dit glansend en deurwarm is. Skep dit uit en hou dit eenkant.
2 Klits nou die eiers. As dit goed geklits en skuimerig is, gooi die kookwater stadig by terwyl jy dit
baie vinnig klits. (Moenie slaplê nie, anders sit jy met stukkies roereier in jou omelet.) Geur die mengsel met sout en peper.
3 Smelt nou nog 1 teelepel botter in die garnale se pan en gooi die eier daarin. Laat dit vir omtrent 5 minute bak tot die omelet netnet gaar en donsig is.
4 Skep die garnale op die een helfte van die eier, sprinkel die feta oor en vou die ander helfte oor die vulsel. Haal dit van die plaat af, sny dit in 3-4 stukke en sit dit dadelik voor.

(Weg)