Tuesday 7 February 2012

Boomstomp blombak

Hierdie foto het Arina Palm vir ons uit Switzerland gestuur.  Kyk net die oulike idee van die hout boomstomp wat verander is in ‘n potplant bak. 

As jy dus ‘n boomstomp het wat in jou pad lê is hierdie dalk ietsie ouliks wat jy daarmee kan maak.  Dit sal pragtig lyk in enige tuin of selfs op ‘n stoep.  Dit is egter raadsaam om iemand te kry wat die regte gereedskap het om jou te help om die boomstomp uit te hol en te sny soos nodig.  Jy kan ook klein boomstompe (die soort waar die boomstam in die dwarste gesny is) gebruik om sulke blombakke te maak. 
As jy dalk sit met ‘n boom wat afgesaag was, maar die wortels en ‘n deel van die boomstam is nog in die grond, kan jy die boomstam uithol en die plante daarin plant en skielik gaan die boomstomp in jou tuin nie meer onooglik lyk nie.  ‘n Oulike idee is om ‘n rankplantjie daarin te plant wat oor die kante sal rank om die lyne te versag. 

Indien die saag en uithol van die stam nie moontlik is nie, kan jy ‘n blombak bo-op staanmaak en die rankplantjies en blomme sal steeds ‘n pragtige prentjie maak en die boomstomp mooi  “versag” en verander in ‘n tuin fokus punt.

NS:  Onthou moenie bome onnodig afsaag nie.  Hulle gee vir ons suurstof en is belangrik vir ons aarde.  Elke boom maak 'n verskil.