Tuesday 7 February 2012

Hergebruik koekstaanders


Ou koekstaanders wat jy nie meer gebruik nie en wat net die kaste vol staan, maak handige pakplek in ‘n badkamer of kombuis. 
In die badkamer kan jy oulike sepies vir jou gaste daarin uitstal, jou badsout  / badolie daarop sit in mooi glasflessies en heel bo-op kan klein T-light kersies gesit word, reg vir gebruik.  Jy kan dit selfs gebruik om jou juwele op te bêre.