Tuesday 7 February 2012

Hergebruik 'n ou kinder swaai as 'n kweekhuisie vir jou plante.

‘n Ou kinderswaai kan maklik omskep word in ‘n kweekhuisie vir jou plante.

Die standaard swaai se glyplank en swaaisitplekkie gedeeltes is afgehaal en die raamwerk geplaas in die tuin waar hy genoeg sonlig en lug sal kry.  Jy kan nou die raamwerk oor trek met skadunet (verkrygbaar in verskillende grade van digtheid) of selfs met plastiek.  Sorg dat jy genoeg spasie laat vir jou om die kweekhuisie te kan binnegaan sodat jy kan onkruid uittrek soos nodig en natuurlik water gee.
‘n Oulike idee is om toutjies vooraf reeds vas te maak aan die boonste raamwerk wat afhang tot op die grond.  Jy kan dit later anker teen die grond en jou tamaties of boontjies daarteen laat oprank.  Dis jou keuse of jy direk in die grond wil plant of saailinge wil kweek in potte wat jy dan later kan uitplant in die tuin.  Of hou sommer jou groente en kruie tuintjie aan die gang in hierdie oulike kweekhuisie in die koue winter maande.