Almarie de Jager
Ryk, vleiserig en lymerig. Dit neem lekker lank neem om te berei en gee jou die ideale geleentheid om agter te kom waaroor potjiekos eintlik gaan.
Bestanddele:
3 e kookolie
1 beesstert, in litte gesny
1 gekapte ui
2 fyngekapte knoffelhuisies
500 ml droë rooi wyn (onthou, as dit nie goed genoeg is om te drink nie, kook jy nie daarmee nie)
2 lourierblare
2 teelepels sout
1 e gedroogde roosmaryn
1 e gedroogde pietersielie
'n paar draaie van die swartpeperpot
6 middelslag-wortels, geskil
4 selderystingels met blare, in stukke gesny
3 bakhande vol vars of bevrore ertjies
Metode:
Goed, nou kry jy jou pot lekker warm langs die vuur of met 'n paar vlammende kole onder hom. As jy 'n paar druppels wyn ingooi en hy sis duidelik, is die pot warm. Met die warm kole onder, gooi jou olie in en braai die beesstert bruin. Gooi dan jou uie by en roer die hele spul totdat die uie deurskynend is. Plaas pot nou weg van vuur met net genoeg kole onder sy pote om hom warm te hou. Gooi alles behalwe wortel, seldery en ertjies by. Nou is dit tyd om jou potbeheer te toets, want nou gaan die deksel op die pot geplaas word en hy gaan vir minstens vier tot vyf uur so staan. Hou jou oor naby die pot. Borrel als, is die kole te warm - krap weg. Jy behoort net so 'n gerusstellende borrelgeprut te hoor en jy moet "een duisend, twee duisend" stadig tussen elke borrel kan hoor. Jy mág af en toe die deksel oplig om te sien hoe sake staan en als 'n beheerste roer te gee.
Ná drie uur behoort die vleis te begin sag raak, maar moenie huiwer om deur te druk na vier uur se kant toe nie. Kyk heeltyd dat jou kole nog warm is. So 20 tot 30 minute voordat jou vleis sy gewenste sagtheid bereik, lig jy die deksel. Die geur behoort jou om te slaan. Nou pak jy jou wortels, seldery en ertjies bo-op die beesstert, sit weer die deksel op. Moet nou verder niks roer nie en haal die pot af wanneer die wortels sag is.
Wenk: Daar gaan 'n lekker sousie wees, maar party mense hou van 'n dik sous. In daardie geval gooi jy twee tot drie hande broodkrummels by of 'n halwe pakkie uiesop. Dit werk wonderlik. Sit voor met rys of stampmielies.