Wednesday, 8 February 2012

Romerige Spinasie en Spek Tert


Almarie de Jager
 

Tertkors:
100ml margarien gesmelt
2 koppies "Bacon" gegeurde sout koekies, fyngedruk

Spinasie vulsel:
2 koppies gaar spinasie,gedreineer, wat met fyn 1/2 rou uie gemeng is
1 pakkie spekvleis, opgesny rof
1 koppie maaskaas
1 1/2 koppie suurroom
5 eiers, geklits
halwe koppie fetakaas
parmesaankaas fyn gerasper
sout en swartpeper na smaak

So gemaak:

Voorverhit jou oond tot 170 C
Berei tertpan voor...smeer met botter
Meng die botter en koekiekrummels goed en druk opm pan vas
Braai die spek tot crispy, Klits nou maaskaas, suurroom en eiers goed saam.
Voeg by gebraaide spek, vou spinasie in, sout en peper na smaak.
Krummel fetakaas, en roer liggies deur, giet in die vasgedrukte kors. Bak vir 1uur -tot goudbruin. Sprinkel met parmesaankaas sodra uit die oond kom, laat rus vir 40 minute om stewig te raak