700g klein aartappeltjies
150ml olyfolie
30ml korrelmosterd
70ml suurlemoensap
2 ryp avo’s
Sout en vars gemaalde swartpeper
Kook die aartappels met skil en al tot lekker sag, moenie pap wees nie. Meng die olyfolie, mosterd en suurlemoensap, geur met sout en peper. As die aartappels gaar is, sny hulle in die helfte (moet nog warm wees), gooi die sous onmiddellik oor. Sny die avo in skywe en sit bo-op die aartappelslaai. Dien dit op terwyl dit nog warm is.