Wednesday, 23 November 2011

GEROOSTERDE UIESLAAI



500g klein wit uitjies (rooi uie sal ook lekker wees)
6 huisies vars knoffel
150ml olyfolie
40ml balsamiese asyn
Hand vl vars basiliekruid
Sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die uie in helftes, sit dit saam met die knoffel in ‘n groot oondbak. Gooi ongeveer 100ml olyfolie en asyn oor, geur met sout en peper. Rooster vir 20 minute op 200°C, rooster verder tot bruin. Die uie moet bros wees. Sit die uie op ‘n bord en strooi die basiliekruid oor. Gooi die res van die olie oor.