750g rou beet
10 huisies knoffel
Hand vol vars origanum
100ml balsamiese asyn
80ml olyfolie
Sout en vars gemaalde swartpeper
Skrop die beet skoon. Sit dit saam met die res van die bestanddele in ‘n oonbak. Maak dit toe met foelie en bak teen 200°C vir 30 minute. Haal die foelie af en bak nog 40 minute. Skil die beet af, sny in die helfte en gooi nog vars origanum en olyfolie oor.