Friday 4 November 2011

VRUGTEKOEK MET SJOKOLADESTERRE






















1 x ronde 22 – 26cm vrugtekoek
25ml gladde appelkooskonfyt
400g klaargemaakte marsepein
Versiersuiker vir oorstrooi
400g klaargekoopte uitgerolde fondatversiersel

SJOKOLADESTERRE

200g wit kooksjokolade
Ongeveer 125ml gekleurde suikerkristalle
Silverballetjies
Organza-lint

1.    As die koek bo-op effens ongelyk of gerund is, kan jy dit met ‘n skerp riffelmes sny tot dit ‘n plat oppervlak het.  Keer dit onderstebo en sit dit op ‘n koekstander.  Verhit die appelkooskonfyt en laat dit effens afkoel.  Roer tot glad en smeer oor die oppervlak van die koek.
2.    Knie die marsepein op ‘n werkoppervlak wat liggies met gesifte versiersuiker bestrooi is.  Sodra die marsepein glad en sag is, kan jy dit in ‘n bal rol en dan met ‘n koekroller uitrol tot ‘n sirkel so groot soos die bokant van die koek.
3.    Rol die marsepein om die koekroller.  Rol dit dan versigtig op die koek af en sny die ronde gelyk sodat dit netjies op die koek pas.  Smeer warm water oor die oppervlak.
4.    Knie en rol die fondantversiersel net so en hou die werkoppervla bestrooi met versiersuiker.  Rol oor die koelroller en rol dan oor die marsepein af.  Maak dit met jou hande glad en sny dierane neties sodat dit pas.

























5.    Sjokoladesterre:           Smelt die sjokolade, gooi dit in stervormige vorms en laat stol.  Haal uit die vorms uit en smeer ‘n bietjie gesmelte sjokolade oor die oppervlak.  Strooi gekleurde suikerkristalle oor en voeg ‘n paar silwerballetjies by.  Laat ie sjokolade stol.  Sit die sterre om die rand van die koek en plak dit met gesmelte sjokolade vas as jy wil.
6.    Maak ‘n breë organza-lint om die middel van die koek vas en pak nog ‘n paar sjokoladesterre onderom die koek.

KOOKWENKE:

*        Bedek die marsepein en versiersel tot jy dit gebruik, anders sal dit uitdroog.
*        Werk op ‘n skoon, droë oppervlak wanneer jy die marsepein en versiersel uitrol. 
          Dit raak taai en werk moeilik as dit nat raak.
*        Hou die oppervlak, die koekroller en jou hande heeltyd bestrooi met gesifte versiersuiker om te keer dat die marsepein en versiersel taai raak.  Probeer om dit nie te veel te hanteer nie.

(uit Idees)