Monday 7 November 2011

Jeanette se Roomys

Roomys – laag vir laag lekkertes

As jy ‘n roomys maker het, maak jy jou eie roomys, maar hier in die Klein Kombuis is roomys ‘n gekoopte ding.

Om lekkerte te voeg by ‘n gewone vanilla roomys, koop ‘n bak vol – verkieslik ‘n frozen yoghurt.
Laat dit effe smelt en voeg by: fyn flake of gekapte slab sjokolade, neute, fyngekapte kersies en fyngekapte groenvye konfyt.

Of net sjokolade. Baie daarvan!...

Meng dit deur die mengsel met ‘n houtlepel – ek het al ‘n metaal lepel lelik gebuig met ‘n mengpoging, so hou by die houtlepel. As alles deurgemeng is, gooi dit terug in die bak en vries.

As dit as ‘n ete finale voorgesit gaan word, haal ‘n wyle voor die tyd uit om sag te raak, en keer uit op ‘n opdien bord.

Amper soos cassata, netnie so gedoop! Versier met kruisement blare. En moenie skaam wees om seconds te vat nie.