Thursday 3 November 2011

VOER DIE KOEKPAN SO UIT


Vrugtekoek bak lank, daarom moet die koekpanne behoorlik bereid en gevoer word.





















1.    Vou ‘n vel botterpapier in die helfte.  Sit die koekpan daarop en trek dit af.  Sny twee sirkels uit.  Meet die omtrek van die pan met ‘n stukkie tou en knip ‘n stuk botterpapier wat effens langer is as die pan se omtrek en drie keer die hoogte. 

2.    Vou die strook in die lengte in die helfte.  Vou die oop rande 2.5cm om en maak klein snytjies op die voulyn.  Smeer die pan.  Sit die strook binne-in die pan met die gesnyde rande wat op die bodem uitsprei.  Sit die papiersirkels in die pan en druk dit netjies vas. 

3.   Knip ‘n dubbele laag bruinpapier wat om die buiterand van die koekpan pas en maak dit met tou vas.  Knip die boonste rand sodat dit effens hoer is as die rand van die koekpan.
(uit Idees)