Thursday 3 November 2011

RYK DONKER VRUGTEKOEK
























Temp:            140°C
Baktyd:         3 - 4 uur


1.25kg vrugtekoekmengsel
125ml gemengde skil
500g pitlose dadels
125g glanskersies, gehalveer
250ml gemengde glansvrugte, grofgekap
125ml brandewyn
250g pekanneute of gepelde amandels, grofgekap
500g koekmeel
5ml sout
10ml gemengde speserye
10ml kaneel
1ml neutmuskaat
5ml gemmer
500g botter
500g suiker
8 groot eiers
Ekstra glansvrugte, kersies en neuter vir versiering (optioneel)

1.    Sit vrugte in ‘n bak en gooi brandewyn oor.
2.    Klop botter en suiker tot lig.  Voeg eiers een-een by en klop goed na elke byvoeging.  Voeg van die droë bestanddele by as dit lyk of die mengsel skif.
3.    Sif res van droë bestanddele by die mengsel in en meng goed.  Roer vrugte en neuter by.
4.    Skep in twee ronde 20cm-koekpanne wat gesmeer en gevoer is.  Maak die oppervlak glad en maak ‘n effense holte in die middel, want die koek sal in die middel ‘n bietjie meer rys.
5.    Versier met ekstra vrugte en neuter, of laat dit net so as jy versiersel gaan aansmeer.  Bak vir sowat drie ure in voorverhitte oond.  Sit bruinpapier bo-oor as die bokant te donker raak en bak vir nog 30 minute of ‘n uur.

(Uit Idees)