Wednesday, 23 November 2011

Takbok Broodjie






















Om hierdie broodjie te maak benodig jy die volgende:

1 sny brood
1 sny brood met die korsie (1ste sny van die brood)

1 cherry tamatie
½ weense worsie
2 lekkertjies

Druk met ‘n koekiedrukker die groot en kleiner sirkels uit. Smeer lekker peanut butter op die klein sirkeltjie (of enige ander vulsel). Sny die oortjies uit, gebruik sommer van die oorskiet brood. Sny die worsie in die helfte (in lengte) en sny kepe in. (Sny die worsie voordat jy dit warm maak.)