Wednesday, 23 November 2011

Geel somer vreugde - Sonneblomme

Plant sonneblomme in jou tuin.


November tot Januarie is maar die algemene plant tyd in SA. Onthou net dat klein sonneblom plantjies baie gevoelig is vir sterk wind, so hul mag dalk bietjie beskerming nodig hê in die vorm van ‘n stokkie om hul te stut. Saai sommer ‘n hele pakkie en nog, want wat kan nou vroliker wees as hierdie helder geel blomme in jou tuin. Al wat hul benodig is volson en genoeg water.  Sommige soorte kan nogal hoog groei, so dis 'n oulike blom om in die agterkant van 'n blombedding te plant.
Wanneer die blomme dan later afgaan, bere saadjies en volgende jaar hoef jy nie weer saad te koop nie. (Koste effektief.)