Wednesday 23 November 2011

Suiker stokkies

In engels noem hul dit “Rock candy” – Ons noem dit sommer Suiker Stokkies.
Hierdie is iets ouliks wat die kinders in die vakansie kan maak, want dit is omtrent so lekker soos ‘n wetenskap projek wat jy self kan doen sonder toesig.

Bestandele:
2 Koppies suiker
1 Koppie water

Metode:
Kook die water en voeg die suiker by (‘n halwe koppie suiker op ‘n slag).
Sou jy verkies, kan jy voedselkleursel byvoeg (dalk rooi of groen vir kersfees) en jy kan selfs ook geurmiddels byvoeg (bv. vanilla essence).
Sodra al die suiker gesmelt het, laat die oplossing afkoel.

Neem ‘n glas fles of bak en gooi die suiker water daarin.
Neem hout stokkies en maak dit klam met skoon water en rol hul in ‘n klein bietjie suiker.
Jy kan nou jou hout stokkies in die glas fles plaas.  (Jy kan die stokkies aan ‘n dun toutjie vasmaak, sodat hulle net “halflyf” in die oplossing hang.  Hulle moet nie aan die onderkant van die glasfles raak nie.)

Plaas die houer in ‘n koel plekkie en na ‘n paar uur behoort die eerste kristalle te begin vorm.  Jy kan dit laat staan vir ‘n paar dae tot die regte hoeveelheid kristalle gevorm het.

Wenk:  Onthou om ‘n doek of net bo-oor te gooi sodat die water skoon bly en ongewenste goggos nie per ongeluk in die water beland nie.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared