Wednesday 23 November 2011

Kersversierings

Op soek na 'n goedkoop idee maar ietsie ouliks vir kersfees?  Dalk ook sommer 'n idee om die kinders die vakansie besig te hou?

Maak tradisionele popcorn kersversierings vir die kersboom.  Jy maak net 'n groot bak popcorn en die kinders kan dit dan inryg op garing.  Jy kan die popcorn kleur of sommer net so mooi in wit hou en die stringe kan net so lank wees soos jy daarvan hou.  Dis heerlike pret, lyk pragtig op die kersboom en gaan die goedkoopste kersversierings wees wat jy nog ooit gemaak of gekoop het.