Tuesday 22 November 2011

Ogiesdraad vir juwele

As daar erens in jou huis 'n ou fotoraam rondlê kan jy hom hergebruik vir 'n dogter se kamer.  Dit maak die ideale houer vir juwele en oorkrabbertjies wat alewig spoorloos verdwyn.

Verf die raam weer mooi en maak die ogiesdraad aan die raam vas.  Dis eintlik so maklik enige iemand kan dit doen, selfs al is jy nie 'n DIY kenner nie.  As die raam teen 'n muur gaan hang, hoef jy nie die agterkant af te rond nie, maar jy kan wel die spykers en ogiesdraad punte aan die agterkant van die raam mooi toemaak met 'n dun stukkie hout sou jy dit verkies.