Thursday 3 November 2011

FEESTELIKE VRUGTEKOEK






















Temp:            150°C
Baktyd:         2 - 2½ uur


500g  droëvrugte-koekmengsel
100g glansvye, grofgekap
100g ontpitte dadels, fyngekap
100g droë appelkose, grofgekap
200g rooi glanskersies, gehalveer
100g glanspynappel, gekap
100g gekapte pekanneute of gepelde amandels
1 lemoen se gerasperde skil
125ml brandewyn
250g botter
200g bruinsuiker
5 groot eiers
15ml gladde appelkooskonfyt
280g koekmeelblom
1ml sout
3ml fyn neutmuskaat
5ml fyn kaneel
5ml gemengde speserye
5ml fyn gemmer
1ml fyn naeltjies
3ml koeksoda

1.    Meng die koekmengsel, vye, dadels, appelkose, glanskersies, pynappel, amandels, lemoenskil en brandewyn en laat dit oornag week.
2.    Smeer ‘n vierkantige 20 cm-koekpan en voer dit met twee lae bakpapier.
3.    Meg die botter en suiker tot romerig, voeg die eiers by en klits goed na elke byvoeging tot lig en donsig.  Roer die konfyt en vrugtemengsel in.  Meng goed.
4.    Sif die oorblywende droë bestanddele saam en voeg by die vrugtemengsel.  Meng goed.  Giet die mengsel in die pan en maak die koek gelyk met ‘n slaplemmes.  Bak 2 - 2½ uur.
5.    Laat heeltemal in die pan afkoel.  Keer die koek uit en verwyder die bakpapier.  Sprinkel brandewyn oor en draai dan toe in aluminiumfoelie en bêre in ‘n dig verseëlde houer.  Maak een keer per maand oop en sprinkle nog brandewyn oor totdat die koek reg is vir voorsit.

WENK:

As jy ‘n versierde vrugtekoek verkies, smeer ‘n dun lagie appelkooskonfyt oor die hele koek en bedek dit met marsepein en fondantversiersel.

(Uit Idees)