Monday 7 November 2011

Paptert van Weg

Jy benodig
• 3 koppies mieliemeel
• 6 koppies water
• 1½ teelepel sout

• 1 bottel biltongsmeerkaas
• 250ml room
• 1 blikkie geroomde sampioene
• 250 g ontbytspek
• 2 uie
• gerasperde kaas

Só maak jy
1. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
2. Snipper en braai spek en uie.
3. Meng spek, uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
4. Skep in lae in gesmeerde bakskottel: eers pap,dan spekmengsel - herhaal lae.
5. Strooi gerasperde kaas oor en bak teen 180°C totdat die kaas gesmelt is.
6. Bedien saam met braaivleis