Monday 7 November 2011

Paptert van RSG

1 pakkie een minuut pap (Maize-in-a-minute)
Spek
Uie
Groenrissie
Sampioene

Room
Gemengde kruie
Growwe swart peper
Sout
Cheddarkaas, gerasper

Maak die pap aan volgens aanwysings op pakkie.
Braai uie in bietjie olie.
Voeg die spek by en braai.
Voeg die groenrissie en sampioene by.
Gooi kruie, peper en sout by.
Plaas ‘n deel van die pap in ‘n oondbak.
Gooi ‘n laag van die smoor bo-oor.
Gooi kaas oor en herhaal die lae weer met kaas bo.
Gooi die room bo-oor.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir so ‘n halfuur teen 180 grade celcius.