Thursday 3 November 2011

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
























115g botter
115g suiker
115g glasuurkersies, gekap
225g sultanas
225g dadels, fyngekap
225g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
3ml kakaopoeier
1 eier
1 pakkie Marie-koekies in stukkies gebreek

1.    Sit die botter en suiker in ‘n kastrol en laat kook.  Haal van die plaat af.
2.    Voeg die kersies, sultanas, dadels, neuter en kakaopoeier by.
3.    Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik.
4.    Smeer ‘n broodpan en gooi die mengsel daarin.  Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef.
5.    Bêre oornag in die yskas, haal dit uit die pan en sny in skywe.  Bêre in ‘n lugdigte houer.

WENK:

Spaar tyd en gebruik ‘n voedselverwerker om die koekies te breek.

(Uit Idees)