Thursday 3 November 2011

PANFORTE


















Temp:            180°C
Baktyd:         30 minute


100g gepelde amandels, gerooster
100g pekanneute
100g rosyne
375ml koekmeel
60ml kakaopoeier
5ml fyn kaneel
1ml wonderpeper
250ml heuning
250ml strooisuiker

1.    Smeer en voer ‘n ronde 20cm koekpan uit.  Kap die neuter in growwe stukke.
2.    Sit die rosyne, meel, kakao en speserye in ‘n oondvaste skottel.
3.    Verhit die heuning en strooisuiker in ‘n kastrol oor lae hitte.  Sodra die suiker opgelos het, moet jy die mengsel tot kookpunt verhit en dit vir twee minute laat prut of totdat dit sagtebalstadium bereik.  (Toets dit so:  As jy ‘n bietjie van die mengsel in koue water drup en dit vorm ‘n sagte bal, is dit reg).
4.    Hal dit van die stoof af en gooi dit in die oondvaste skottel.  Voeg die neuter by en roer vinnig om tem eng.  Skep dit in die bereide pan en bak in ‘n voorverhitte oond vir 20 minute of tot dit terugspring wanneer jy daarop druk.  Haal uit die oond en laat dit in die koekpan afkoel.  Draai dit in sellofaan toe en gee dit as ‘n geskenk, of sny dit in dun skyfies en sit dit voor met koffie.

WENK:

Spaar tyd en gebruik ‘n voedselverwerker om die neuter te kap.


(Uit Idees)