Thursday 3 November 2011

LIGTE VRUGTEKOEK
























Temp:            150°C
Baktyd:         2 - 2½ uur

300ml sultanas
120ml droëbosbessies, gekap
60ml versuikerde sitruskilmengsel, gekap
60ml glasuurkersies, grofgekap
10ml gerasperde suurlemoenskil
750ml koekmeel
10ml bakpoeier
5ml gemengde speserye
5ml fyn kaneel
250g botter
160g strooisuiker
160g ligbruinsuiker
5 groot eiers
30ml suurlemoensap

1.    Smeer en voer ‘n ronde of vierkantige 22cm-koepan uit.  Meng di sultanas, bosbessies, versuikerde skil, kersies en suurlemoeskil.  Sif die meel, bakpoeier en speserye in ‘n mengbak.
2.    Room die botter en twee soorte suiker tot lig.  Klop die eiers een op ‘n slag by die bottermengsel in, en voeg dan na elke eier ‘n eetlepel van die meelmengsel by.  Vou die res van die meelmengsel daarby in.  Voeg laastens die vrugtemengsel en die suurlemoensap by.
3.    Skep in die bereide koekpan en bak in ‘n voorverhitte oond vir 2 tot 2½ uur of tot ‘n toetspen skoon uitkom.  Haal uit die oond en laat op ‘n draadrakkie afkoel.  Bêre in ‘n lugdigte houer.  As dit goed toegedraai is, sal dit vir tot drie weke lank lekker bly.

WENK:

Ander droë vrugte soos appelkose, nektariens of perskes kan in die plek van bostaande vrugte ook gebruik word.

(uit Idees)