Monday 21 November 2011

Aarbei- en wynpons

J v d Berg

3 bottels droe witwyn
2 l yskoue sodawater
120 ml brandewyn
1/2 komkommer geskil en in blokkies gesny
1/2 k suurlemoensap
3 e suiker
3 k vars aarbeie, gehalveer
meng 1 bottel witwyn met die komkommer. laat dit staan vir ‘n halfuur. gooi deur ‘n fynsif en gooi die komkommer weg. meng al die ander bestandele behalwe 2 bottels witwyn en die sodawater. laat die mengsel yskoud word. die orige witwyn en soda moet ook yskoud gemaak word. net voor jou gaste aan die deur klop meng jy alles saam , gooi dit in die ponskom en sit dit op die tafel met die glase en die massas pronktuinrose.