Thursday 3 November 2011

KOEKVERSIERINGS 3 MANIERE




















TOEGEDRAAIDE KOEK

Sny ‘n papierband uit bruin- of ander papier.  Knip die rand in ‘n mooi dekoratiewe vorm.  Maak die band om die koek vas en bind mooi lint of tou rondom vas.  Vou ‘n strook koerantapier in ‘n strik en steek dit aan die voorkant van die koek vas.  Sif versiersuiker bo-oor.























ELEGANTE WIT KOEK

Verf die koek met gesmelte appelkooskonfyt.  Rol plastiekversiersel uit en sny dit in dik repe.  Bedek die koek met die repe.  Sny die rande netjies.  Sny dunner repe en vou dit sondat dit lusse vorm.  Laat dit droog en effens fermer word en pak die hele koek dan vol daarmee.  Plak die lusse aan die koek vas deur dit met suikerwater te verf.

























KARAMELNEUTKOEK

Koop breë lint of sny ‘n band uit dekoratiewe papier en draai dit om die koek.  Bind nog ‘n lint of ‘n kantstrokie bo-oor die lint of papier vas.  Maak karamelneute deur neute van jou keuse in gekaramelliseerde suiker te gooi.  Skep dit met ‘n vurk uit en sit dit op bakpapier tot dit heeltemal afgekoel het.  Pak die karamelneute op die koek om dit te versier.

WENK:

Knip ‘n stêr, engel- of Kersboom uit papier en sit dit versigtig bo-op die koek.  Sif versiersuiker oor en haal dan die papier versigtig af.
(Uit Idees)