Thursday 3 November 2011

LIGTE VRUGTEKOEK MET INGEMAAKTE GEMMER

















Temp:            160°C
Baktyd:         2 - 2½ uur

250g botter
200g suiker
5 groot eiers
5ml vanieljegeursel
25ml brandewyn
60ml melk
500g koekmeel
10ml bakpoeier
2ml sout
250g glanskersies
250g sultanas
100g glansvrugte, gekap
50g ingemaakte gemmer, gekap
150g gemengde sitrusskil
100g pekanneute, gekap

1.    Klop die botter en suiker saam.  Klop die eiers een-een by.  Gooi die vanielje, brandewyn en melk by. 
2.    Hou 25ml meel eenkant en sif die res van die meel, die bakpoeier en sout saam.  Vou dit by die bottermengse in.
3.    Sif die res van die meel oor die vrugte en gekapte neuter.  Vou dit by die beslag in.  Gooi die beslag in ‘n gesmeerde en gevoerde koekpan van 23cm.  Bak dit in ‘n verhitte oond vir 2 tot 2½ uur tot deurgaar.  Drup ekstra brandewyn oor die koek terwyl dit nog warm is.

(Uit Idees)