Thursday 3 November 2011

KERSPOEDING VIR DIABETE
















Baktyd:         2 - 2½ uur

125g dadels, gekap
100ml onversoete lemoensap
60g droë-appelkose, gekap
60g rosyntjies
60g sultanas
75g bruinbroodkrummels (3 gewonde snye, korsies afgesny)
75g volkoringmeel
7ml gemengde speserye
1 middelslag-wortel, geskil en gerasper
1 middelslag-appel, geskil en gerasper
1 groot eier, liggies geklits
50 – 100ml laevet- of vetvrye melk.

1.    Gooi die dadels en lemoensap in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt.  Haal dit van die plaat af en laat dit eenkant afkoel.
2.    Voeg die res van die bestanddele by die dadel-en-lemoensapmengsel en meng dit goed.  Skep dit in ‘n bak, bedek dit  en sit dit vir minstens drie uur of oornag in die yskas sodat die geure kan ontwikkel.
3.    Smeet 10 klein poedingbakkies of –vorms liggies.  Verdeel die mengsel tussen die bakkies en bedek dit met waspapier.  Vou die papier oor die rande – jy sal plooitjies moet maak – en bind dit met tou vas.
4.    Pak die poedings in kastrolle met kookwater – die water moet halfpad teen die poedingbakkies opkom.  Sit ‘n deksel wat stewig pas, op elke kastrol en stoom dit vir 2 tot 2½ uur of tot die middel an die poedings ferm lyk.  Kyk gereeld of daar nog genoeg water in die kastrolle is.
5.    Sodra die poedings deurgaar is, kan jy dit uit die kastrolle haal en die waspapier verwyder.  Laat die poedings effens afkoel voordat jy dit uit die bakkies keer.  Pak dit in ‘n ludigte houer en bêre dit vir tot drie weke in die yskas.  Sit dit warm voor saam met suikervrye vla.

(Uit Idees)