Wednesday, 23 November 2011

LENSIESLAAI


2 blikke lensies
3 Chorizo-worsies in blokkies gesny
150ml olyfolie
50ml suurlemoensap
Vars roket
Sout en varsgemaalde swartpeper

Dreineer die lensies. Braai die worsies in 50ml olyfolie vir 10 minute. Meng die res van die olyfolie en suurlemoensap saam en geur met sout en peper. Meng die lensies en worsies saam, gooi die olyf-suurlemoen-mengsel oor. Dien op saam met vars roket en nog ‘n bietjie swartpeper.