Wednesday 16 November 2011

Koekstruif























Koekstruif - Rita van Dyk (Weg Tydskrif)

... Jy benodig
(genoeg vir 4 mense)
• ½ pakkie vingerbeskuitjies
• 1 blikkie (225g) vrugtekelkie


• 2 teelepels sjerrie of port
• 1 houer (250ml) Ultramel-vla

Só maak jy
1 Net een stap. Gooi die Ultramel in ’n kastrolletjie en maak dit oor stadige hitte warm.
2 Alle weerstand verkrummel... Breek die koekies in kleiner stukkies en verdeel dit in koffiebekers. Drup die sjerrie of port bo-oor.
3 Maak hom ‘lo-cal’. Gooi ’n bietjie van die vrugte se stroop in elke beker en skep dan die vrugte in.
4 O, hoe geil! Skep van die warm vla oor die trifle en... geniet hom!

(Jy gaan nie spyt wees as jy ’n pakkie neute en ’n leksel aarbeikonfyt hiervoor saamdra nie.)