Wednesday 16 November 2011

Kerrie Boontjies


















1 kg groenbone gekerf
2 uie, in ringe gesny
375 ml hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn
¼ koppie suiker
5 ml sout
5-10 ml kerriepoeier
knippie rooipeper
15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in 'n middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel vinnig kook tot net gaar.
Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper.
Voeg by die boontjies en laat net opkook.
Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat afkoel en bottel.