Monday 14 November 2011

Kits voordeur kleur

As jou voordeur reeds mooi geverf is, is jy al halfpad daar.  Met 'n bietjie verbeelding kan 'n ou vervelige voordeur 'n pragtige kersfees vertoonstuk word.

Plaas weerskante van die voordeur 'n klein sipres kersboompie.  Voeg daarby 'n vrolike voordeurmatjie en 'n mooi krans en dit lyk reeds pragtig.  Trek 'n paar leë karton bokse oor soos kersgeskenke en sit hulle op 'n hopie by die voordeur sodat dit lyk of Vader Kersfees 'n wavrag geskenke kom aflewer het.  Siedaar maklik en vinnig het jy 'n pragtige voordeur vir die kers-seisoen.