Monday 14 November 2011

Kerskoek met 'n Kinkel


















1 medium-groot terrien
  • 185 ml room
  • 15 ml brandewyn
  • 400 g donkersjokolade, fyngekap
  • 100 g haselneute, oondgerooster
  • 150 g heel glanskersies
Voer ’n broodpan van 18 x 10 cm met bakpapier uit. Verhit room en brandewyn tot kookpunt. Gooi oor gekapte sjokolade en roer tot sjokolade gesmelt is. Voeg res van bestanddele by en meng deur. Gooi mengsel in uitgevoerde pan en plaas in yskas vir sowat 1 uur of tot gestol. Keer uit en sny in skywe met ’n skerp mes. Sit voor saam met sterk koffie of espresso.
Wenk
Om die doppies van die haselneute te verwyder: Rooster vir sowat 10 minute in die oond. Vou die warm neute in ’n skoon afdroogdoek toe en vryf dit rond. Al die doppies sal in die doek agterbly.