Thursday 3 November 2011

EIERLOSE VRUGTEKOEK

























Temp:            170°C
Baktyd:         1½ uur


80g ontpitte dadels, gekap
60g rosyntjies
60g sultanas
30g korente
50g glanskersies, middeldeur gesny
20g gemengde skil
250ml koue swart tee
275g koekmeel
5ml gemengde speserye
3ml bakpoeier
150g koue botter, in blokkies gesny
150g sagte bruinsuiker
250ml melk
45ml melasse
100  150ml brandewyn (optioneel)

1.    Sit die droëvrugte, glanskersies en gemengde skil in ‘n mengbak en gooi die koue tee daaroor.  Laat dit vir 10 tot 15 minute week.
2.    Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.  Voeg die botter by en vryf dit totdat die mengsel soos droë broodkrummels lyk.  Voeg die sagte bruinsuiker by en roer dit tot goed gemeng.  Dreineer die vrugte en gooi die tee weg.  Gooi die vrugte dan by die droë mengsel en roer dit deur.
3.    Meng die melk en melasse in ‘n aparte mengbak.  Veg dit by die droë mengesel en meng goed.  Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde koekpan van 15cm en sit dit in ‘n verhitte oond.  Bak dit vir een uur.  Beden die koek liggies met foelie en bak dit nog 30 minute.  Die koek is gaar wanneer ‘n toetspen in die middel van die koek skoon uitkom.
4.    Gooi die brandewyn (as jy dit gebruik) dadelik nadat die koek uit die oond kom, oor.  Laat die koek heeltemal afkoel voordat jy dit uit die pan haal.  Hou die koek klam deur dit in waspapier toe te draai voordat jy dit bêre.  Indien verkies, kan jy elke week 50ml brandewyn oorgooi om die koek klam te kry.

(Uit Idees)