Monday 14 November 2011

Kersboom vir 'n klein spasie

(Cupressus macrocarpa ‘Goldcrest Wilma')  of sommer net die Goldcrest sipres boompies, nou oral beskikbaar by kwekerye, maak die oulikste kersboompies as jy nie plek het vir 'n groot boom nie. 

Plant hom in 'n mooi pot en kyk hoe jou kersboompie groei elke jaar.  Volgende jaar kan jy hom weer gebruik sonder dat dit jou 'n sent kos.  Versier hom net so oulik soos enige ander kersboom, maar maak net seker jou kersversierings is nie te swaar vir die takkies nie.  Twee van hierdie boompies weerskante van 'n voordeur laat dit sommer ook in 'n kits oulik lyk vir kerstyd.