Monday 7 November 2011

Appelkooskoekies

 
Rene Wessels se resep
Uit – Eet vir Volgehoue Energie 1
Lae- GI lae-vet

Lewer 40 koekies/stafies.

150 ml ‘lite’margerine
200 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanielje geursel
500 ml meel, gesif voor dit afgemeet is **
5 ml bakpoeier
250 ml laer GI-hawermout
Knippie sot
5 ml gemaalde kaneel
150 ml appelkoossmeer [ek get aangeneem dit is konfyt- fyn]

1. Verroom die margerien en suiker tot lig en donsig, maar nie langer as 2-3 minute nie.
2. Voeg eier en vanielje geursel by en klits 1 minuut
3. Sif die meel en bakpoeier en voeg by die mengsel. Meng
4. Voeg die hawermout, sout en kaneel by en meng tot 'n sagte , krummelrige deeg. Voeg 'n bietjie afgeroomde of laevetmelk by, indien nodig
5. Druk en tik die helfte van die mengsel in 'n gesmeerde rolkoekpan van 30cm x 20 cm
6. Smeer egalig met appelkoossmeer en rasper orige deeg bo-oor.
7. Bak 25 – 35 minute teen 180°C
8. Laat afkoel en sny in stafies /koekies.

Dieetkundige aantekeninge.
Onthou die GI van die beslag kan verhoog as dit te lank of te vinnig geklits word.
As die konfyt of smeer heeltemal uitgelaat word, VERHOOG die GI.

** meel met rysmeel vervang en dit het gewerk.