Wednesday 16 November 2011

HOENDER PERI-PERI


‎1 Heel hoender (+- 1.8kg)
Portugese Olyfolie

MARINADE:
6 Knoffelhuisies grof gekap
... Stukkie vars gemmer (sowat 5cm lank) gekap
150ml Olyfolie
Fyn gerasperde skil van 'n halwe suurlemoen
150ml vars suurlemoensap
2 Rooi vars rissies, gekap met pitte en al. of 'n eetlepelvol droe 'Chilli-Flakes' (Vars is beter)
Handvol gekapte pietersielie

SO MAAK MENS:
1. Plaas die heel hoender met bors na onder op snyplank.
2. Met 'n sker of skerp mes, sny langs die ruggraat oop. Sny die ruggraat uit.
3. Draai die hoender om en vlek heeltemal oop. Druk effens plat.
4. Plaas die hoender in 'n groot plastiese sak.
5. Sit die knoffel, gemmer, 150ml olyfolie en suurlemoensap in 'n 'food processor' en meng goed. Sit die rissie en pietersielie by. 6. Gooi die marinde by die hoender en werk dit deeglik in. Bind die sak toe en laat (verkieslik) oornag staan in 'n yskas, of marineer vir ten minste vyf ure lank.
7. Verwarm oond tot 200 grade Celsius.
8. Sit 'n bietjie olyfolie in 'n braaipan. Haal die hoender uit en plaas in die pan. Borsel met olyfolie. Gooi die oortollige marinade weg. Gooi sout op na smaak. (Ek gebruik growwe sout).
9. Plaas pan in die oond. Borsel nou en dan van die pan-sappe oor en braai in die oond tot gaar.
10. Haal uit die oond en skep uit in groot bord.
11. Meng sowat kwart-koppie suurlemoensap met kwart-koppie olyfolie en verf oor die hoender.
12. Dien op met suurlemoen skyfies en chips of Portuguese gebraaide rys.