Tuesday 15 November 2011

Geskenke toedraai idees

Oulike idees om geskenke toe te draai, wat jou nie 'n plaas se prys gaan kos nie:

1)  Leë glas koffie houers (van die soort met dekseltjies wat netjies pas), maak oulike houers om kinder geskenke in te sit (bv. albasters, lekkergoed en selfs waslappies en ietsie vir die bad.)
2)  Leë blikkies (koffie blikkies met plastiek deksels werk goed) kan omgetower word deur net 'n mooi kleur papier om hulle te plak en dit af te rond met 'n strik.
3)  Afdroogdoeke (wit en rooi) maak oulike "geskenkpapier" en is later sommer ook deel van die geskenk.
4)  As jy van bladmusiek afdrukke kan maak, is dit baie mooi papier om klein geskenkies mee toe te draai.