Tuesday 15 November 2011

Advent kerse

As jou kershouers bietjie "vernuwing" nodig het of jy is net lus vir 'n nuwe idee, is hierdie 'n maklike idee en jy hoef nie eens handig te wees nie.

Neem 'n potplanthouer en spuitverf dit in 'n kleur wat jy verkies.  Vul dit met sand en rond af met nagemaakte mos of 'n kruip-rank plantjie van jou keuse.  Druk die kerse dan net in die sand.  Jy kan dit afrond met kersballe as versiering of enige iets wat jy het.