Monday 14 November 2011

Aartappelslaai


















Maak die slaai die dag voor die tyd

Kook aartappels met skil en 1 teelepel sout tot gaar.
1 fyn gerasperde middelslag ui
Hardgekookte eiers (opsioneel) 1 vir elke 6 aartappels


Trek die skil van die aartappels af en sny in blokkies of skywe
Sny die eiers in skywe

Braai 'n 250g pakkie spek en voeg by (Optioneel)

Meng die uie met die hoeveelheid slaaisous wat jy gaan gebruik:

Pak in lae eers slaaisous onder in bak, aartappels, eier, sous herhaal haal lae. Eindig met slaaisous. Laat vir tyd lank in yskas staan, oornag maak dit baie lekker.  (Vervolg Bl 6)

Meng deur net voor opdiening (oppas moet nie aartappels fyn druk) en garneer met pietersielie ens.


SLAAISOUS:
Gebruik hoeveelhed na gelang van hoeveelheid aartappels. Bere ekstra sous in yskas

750ml Mayonaise
1 blikkie kondensmelk
4 Eetlepels mosterd
Meng baie goed.