Hoe langer die slaai staan, hoe lekkerder is dit.
2 blikke rooibone
2 blikke botterbone
4 huisies knoffel, fyngekap
50ml suurlemoensap
100ml olyfolie
Sout en vars gemaalde swartpeper
Dreineer die bone van hul sous in die blik, gooi die bone in ‘n bak, spoel dit af met koue water. Meng die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper. Meng alles saam en laat staan vir ‘n uur voor die slaai bedien word.