Thursday 3 November 2011

WORTEL-EN-VRUGTEBROOD






















Spesiaal vir die mense wat nie hou van vrugtekoek nie.


Temp:            180°C
Baktyd:         1¼ uur


225g botter
225g bruinsuiker
4 groot eiers, wit en geel geskei
180g bruismeel
5ml bakpoeier
2ml fyn kaneel
2ml fyn gemengde speserye
1ml fyn neutmuskaat
100g rosyntjies
50g versuikerde sitrusskil
50g sultanas
320g gerasperde wortels, gedreineer

VERSIERSEL

60g roomkaas
30g botter
15ml gerasperde lemoen- of suurlemoenskil
210g versiersuiker
100g pekanneute

1.    Room botter en suiker saam tot lig.  Klop die eiergele by.
2.    Sif meel, bakpoeier en speserye saam en vou in die bottermengsel in saam met die vrugte.
3.    Klop die eierwitte styg en vou dit saam met die wortels by die deeg in.  Skep in ‘n gesmeerde en gevoerde broodpan en bak in voorverhitte oond tot toetspen skoon uitkom.  Laat in die pan afkoel voor jy dit uitkeer en laat dan heeltemal afkoel voordat jy dit versier.
4.    Klop die roomkaas, botter en sitrusskil vir die versiersel saam.  Voeg die versiersuiker geleidelik by en klop tot romerig.  Smeet oor koek en versier met pekanneute.

(Uit Idees)