Wednesday 16 November 2011

Beestong met Mosterdsous


















1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel

vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies

Sous:
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasynsap van 1 suurlemoen

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in 'n oondvaste bak.Stel oond op 160°C. Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en voeg die res - buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae hitte.

Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30 minute.Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai.